We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.
/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      $0.80 USD  or more

     

  • Compact Disc (CD) + Digital Album

    Die vol-kwaliteit CD, beskikbaar om na u gepos te word binne 2-dae.
    Hier is wat 'n paar bekendes oor die album dink:

    Koos Kombuis: “Dis baie anders en oorspronklik. My gunsteling liedjie is die een oor die hondjie.”

    André Schwartz: “Ek het dit baie geniet – daar is ‘n
    lekker fresh take op dinge.”

    Johrné van Huyssteen: “Ek dink die album is vars, slim, met diep en ligte temas en ‘n baie goeie storie agter die onstaan van die album. ”

    Includes unlimited streaming of Oupa Rock, 1923-1984 via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    ships out within 3 days
    edition of 1000 
    Purchasable with gift card

      $10 USD or more 

     

about

Herfs gaan oor verandering en die feit dat hiérdie proses onafwendbaar is.

“Al wat die lewe bied, is pure verdriet. Maar as jy verdriet in die regte lig sien, kan jy verdriet ook geniet.”

Hier word ‘n lewensles gedeel wat insig gee oor hoe om die verlede te verwerk - alhoewel mens na dinge terugverlang wat verby is, weet mens tog dat dit nie meer dieselfde sal wees nie. “…maar om terug te gaan weet ek sal boggerol help.”

Luister vir ‘n lekker kitaarsolo, banjo en kontrabas wat die ritme ondersteun.

lyrics

Al wat die lewe bied,
is pure verdriet.
Maar as jy verdriet in die regte lig sien,
kan jy verdriet ook geniet.

Hoe verlang ek na die plek waar ek was 'n welp.
Maar om terug te gaan weet ek sal boggerol help.
Al koop ek die plek, met al my gelde,
die plek is nooit meer dieselfde.

Dink ek terug aan hoe my ma spook.
Om kos op die vuur, lekker te kook.
Vandag na vergange jare kan sy spook tot sy rook,
maar dieselfde kos kan sy nie meer soos daardie dae kook.

Hoe verlang ek na die plek waar ek was 'n welp.
Maar om terug te gaan weet ek sal boggerol help.

Help!Nou is ek onvas.
Nou is ek uit pas.
Terwyl ek wanhopig rondtas.
Moet ek van bekend na onbekend verkas.

Want al koop ek die plek, met al my gelde,
die plek is nooit meer dieselfde.

Kon ek my verhuising kanselleer,
en weer na bekendheid terugkeer.
Sou die gedagte my ingewande verteer,
en sou ek minder he om my verhuising te keer.

Hoe verlang ek na die plek waar ek was 'n welp.
Maar om terug te gaan weet ek sal boggerol help.
Al koop ek die plek, met al my gelde,
die plek is nooit meer dieselfde.

credits

from Oupa Rock, 1923​-​1984, released September 1, 2011
Stem, kontrabas, klavier, akoesties & orrel: P. VERMAAK, tromme: C. VD WESTHUIZEN, elektriese & akoestiese kitaar: J. BEATON, elektriese klavier: D. DAPHO, agtergrond stem: F. VAN DANGO, banjo: K. VD WAT.

license

all rights reserved

tags

about

CP Vermaak Johannesburg, South Africa

Paul het sy oorlede oupa, CJ Vermaak (1923-1997), se gedigte getoonset en hiervandaan die album se naam.

Hierdie gedigte is eers gevind nadat sy oupa oorlede is en toe saamgevat in ‘n digbundel, Ter Nagedagtenis Aan Coenraad Johannes Vermaak.

Die album bevat lewenslesse, verhale van eensaamheid en verlange asook humor, spookstories, nuusstories en verhale oor sy kinders.
... more

contact / help

Contact CP Vermaak

Streaming and
Download help

Shipping and returns

Redeem code

Report this track or account

If you like CP Vermaak, you may also like: