We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Oupa Rock, 1923​-​1984

by CP Vermaak

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.

    Download includes:
    8-page booklet
    Back Inlay
    CD Cliche (A4-pdf)
    Purchasable with gift card

      $5 USD  or more

     

  • Compact Disc (CD) + Digital Album

    Die vol-kwaliteit CD, beskikbaar om na u gepos te word binne 2-dae.
    Hier is wat 'n paar bekendes oor die album dink:

    Koos Kombuis: “Dis baie anders en oorspronklik. My gunsteling liedjie is die een oor die hondjie.”

    André Schwartz: “Ek het dit baie geniet – daar is ‘n
    lekker fresh take op dinge.”

    Johrné van Huyssteen: “Ek dink die album is vars, slim, met diep en ligte temas en ‘n baie goeie storie agter die onstaan van die album. ”

    Includes unlimited streaming of Oupa Rock, 1923-1984 via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    ships out within 3 days
    edition of 1000 
    Purchasable with gift card

      $10 USD or more 

     

1.
My brakkie het altyd, so getrou, agter my aangedraf. Vandag na veertien-en-'n-half jaar, grawe ek haar graf. In my onvastigheid was sy, tog 'n bietjie vastigheid vir my. En saam met haar is daar nog 'n tydperk, in my lewe verby. Haar naam was Blikkies, My Brakkie Blikkies.
2.
02 Herfs 03:29
Al wat die lewe bied, is pure verdriet. Maar as jy verdriet in die regte lig sien, kan jy verdriet ook geniet. Hoe verlang ek na die plek waar ek was 'n welp. Maar om terug te gaan weet ek sal boggerol help. Al koop ek die plek, met al my gelde, die plek is nooit meer dieselfde. Dink ek terug aan hoe my ma spook. Om kos op die vuur, lekker te kook. Vandag na vergange jare kan sy spook tot sy rook, maar dieselfde kos kan sy nie meer soos daardie dae kook. Hoe verlang ek na die plek waar ek was 'n welp. Maar om terug te gaan weet ek sal boggerol help. Help!Nou is ek onvas. Nou is ek uit pas. Terwyl ek wanhopig rondtas. Moet ek van bekend na onbekend verkas. Want al koop ek die plek, met al my gelde, die plek is nooit meer dieselfde. Kon ek my verhuising kanselleer, en weer na bekendheid terugkeer. Sou die gedagte my ingewande verteer, en sou ek minder he om my verhuising te keer. Hoe verlang ek na die plek waar ek was 'n welp. Maar om terug te gaan weet ek sal boggerol help. Al koop ek die plek, met al my gelde, die plek is nooit meer dieselfde.
3.
03 Ou Reier 05:51
Ou Reier, as jy so eensaam deur die lug, vlieg asof jy vlug. Is ek jou maat, net so eensaam is ek sonder raad. As jy in die aand, op jou boomtak rustig raak, sien ek jy is nie net vaak. Daar is 'n ander reier wat jou van jou tak afjaag. Daar is iemand wie jy behaag. Was daar tog iemand om my te jaag. Was daar tog iemand wie ek behaag. Was daar tog iemand om te fluister in my oor. Was daar tog iemand om my rus te stoor.
4.
Sou die tarentaal in sonde daal, omdat hy insekte maak tot sy maal? Of ook die vis omdat hy maak sy dis, van die wat kleiner is? So moet ook ons mense wat verloor, nie onsself vermoor. Maar dit liewers sien, dat ons mekaar so dien!
5.
My ou maat, die drankie. Vir hom se ek baie dankie. Hy sit my aan die wals. Hy is my als. Hy vervang die vrou. Maak my warm in die bitterste kou. verdryf elke vorm van vrees, en maak my sterker as 'n bees. Daar is niks waarna ek verlang, Want hy kan alles vervang. Maar as hy eendag my voedsel vervang, kan ek my maar vroegtydig ophang.
6.
Die T.P.A. kom van vooraf na vore, steek sy regter-hand uit en se, goeiemore. Goeiemore. Maar toe ek die bultjie aan die ander kant afsak, is dieselfde T.P.A. kort op my hak. Met bande wat gil, hou ek toe stil. Hy wys my die lig op die dak, die nommer onder die rak. En vra of ek weet waarna dit heet? O Ja! Die T.P.A. "Goeiemore meneer, hoekom stop jy nie meer? As ek jou soos 'n hoender van vooraf aankeer?" "Maar hoe sal ek weet, want van so 'n padteken, het ek skoon vergeet!" Hy wys my die lig op die dak, die nommer onder die rak. En vra of ek weet waarna dit heet? O Ja! Die T.P.A. Die verkeersman staan daar lewensgroot. Susan! Toe skrik ek my halfdoo, en ry my bakkie deur 'n sloot. Die mielieland in, die brandpad op, ek sien die verkeersman krap sy kop, want hierdie keer is hy gefop.
7.
Ja dit moet so wees. Want dit het ek vir 'n feit gelees. Mense sou almal iemand haat, en alleen daarin vind hulle baat. Gewoontlik haat hul hul ouers, want die was mos hul karakter-bouers. Tog sien hul in hul ouers 'n klein bietjie goed, en ontneem dit hulle al hul moed. Ons is wanhopig bang, dat die verbondsark sal val en breek. Of die draaiende aarde, kry ‘n stok in sy speek. Valse bek! Dwepery! Dat die leek sal preek. By 'n kerk of party sluit hulle nou aan, want die mense daar sou hulle verstaan. Jou haat kan jy hier van jou ouers af verplaas, en wel op satan, hy dink mos hy is baas. Ons is wanhopig bang, dat die verbondsark sal val en breek. Of die draaiende aarde, kry ‘n stok in sy speek. Valse bek! Dwepery! Dat die leek sal preek.
8.
En waarom is my derde huwelik na die hel? Omdat ek net tot twaalf kon tel? My vrou tel dertien en ek tel twaalf, en my eie broer was die vlieg in my salf? Dertien roomyse deel ek toe uit. Alles volgens my vrou se besluit. Ek dog vandag val roomyse uit die lug, of een wat ek uitegedeel het kom toe terug. Op pad huis toe se my liewe vrou: "Waarom het ek tog met jou getrou? Jy gee my net angs en pyn, want kyk daar ry jy alweer oor die lyn!" My vrou jy praat uit jou beurt, soos met die roomys is jy weer verkeerd. Roomyse val tog nie net uit die lug, of een wat ek uitgedeel het kom toe terug. Jou eie broer Jan is te veel van 'n man, om soos 'n kind roomys te verslind. en daardie roomys het jy terug gevind. "Jy kan net tot twaalf tel." En daarmee was my huwelik na die hel. Ag my ou broer het jy tog maar roomys geeet. Dan had ek nog 'n vroutjie aan haar skouertjies beet. Op pad huis toe se my liewe vrou: "Waarom het ek tog met jou getrou? Jy gee my net angs en pyn, want kyk daar ry jy alweer oor die lyn!" Jy kan net tot twaalf tel." En daarmee was my huwelik na die hel. Ag my ou broer het jy tog maar roomys geeet. Dan had ek nog 'n vroutjie aan haar skouertjies beet
9.
09 Die Dood 04:16
Die dood en die sloot, die kis en die kluite. Die mens word siek en gaan dokter toe. Hy word erger en gaan hospitaal toe. Hoe gaan dit nou met hom? Hy is toe dood... ...en die sloot, die kis en die kluite. Die dood verstom, soos 'n pragtige blom. En niks is so pragtig, en niks is so groot, as op jou toesak, die pragtige dood. As ek sou sterwe beteken dit wel-te-rus. Begrawe my of ek 'n vreemde is. Sonder opskrif oor wie daar rus, en weet dat ek tevrede is. Ek was toerusting gewis. Toerusting word vervang of gemis. Ek was vervang en nie gemis... Ag help my om te glo. Dit is tog heerlik so. Het Christus die wat glo, salig gemaak? Of hang dit af van die wat glo? Die dood en die sloot, die kis en die kluite.
10.
Paul, laat val die geweer, toe hy die honde wil keer. Die wilde-eende leef, en kom haastig op dreef. Paul gil toe 'n krokodil, met stert so skeef die water kleef. Met angs met pyn! Vir ewig verdwyn. Paul se moeder huil, wil hom vir haar lewe ruil. Paul keer na haar nie meer...
11.
11 Hugo 01:15
Hugo is vir jou, 'n bul van 'n perd. Hy gryp enige vark, sommer aan die stert. Die vark kan maar draai en die vark kan maar swaai, maar daardie vark gaan Hugo laai.
12.
12 Boeing 03:31
Oor Hartebeespoort-dam word ons Boeing gekaap. Al wat die loods kwyt kon raak: "Ons Boeing is gekaap!" By ons enigste vriend Rhodesie, word skelmpies brandstof gelaai, en stilletjies weer gelaat waai. Malawi se getroue soldate, skiet ons Boeing vol gate. Daar staan hy deur bemanning en kapers verlate.
13.
13 Jy 02:44
Sal daar altyd lewe bly, die lewe in my, is baie keer jy. Vandag is ek so bly. Ek't jou vir 'n oomblik teruggekry. As long as forever stays forever. As long as we stay, together forever. As long as this never changes to never. Then we'll be together forever.
14.
Een aand toe Oom Tienie kaal speel, is daar iemand wat teen sy venster streel. Daai aand toe Oom Tienie bid, voel hy dat daar iemand langs hom sit. Oom Tienie se toe amen, en vat die komberse tesame. Die ding in die dak het my vreeslik geplaag. Dit was kompleet of hy spykers en skroewe afsaag. Maar van angs het my asem so begin jaag, dat hy dadelik ophou met saag...

about

Die opname van die album het in Junie 2008 begin met Paul Vermaak op baskitaar en sang, Jarred Beaton op kitaar en Conley van der Westhuizen op tromme. Na die eerste opname het Marthinus Venter by die groep aangesluit op baskitaar en Paul het oorgeskuif na klawers. Daarna is klavier, orrel en gedeeltes baskitaar opgeneem en met dié verwerking het die album begin vorm aanneem.
Ander baie talentvolle musikante wat ook ʼn bydrae gelewer het is Koos van der Wat op banjo(2&5), dromprogrammering(13) en elektriese kitaar (7&13), Freddie van Dango (2,4&5) en Hanco Mostert (1&5) met agtergrond sang, Dina Dapho op orrel (1) en elektriese klavier (2), Evert Snyman met agtergrond sang (1), mondfluitjie(8), kitaar en klavier (12) en tromme (12&13), Anne-Marie Ferreira op klavier (3), Maretha Hattingh op viool (3), Johannes Swart (4) en Roy Abiri (6) op kitaar en Akhona Dekeni op perkussie (11).

credits

released September 1, 2011

Opgeneem, gemeng en vervaardig deur Paul Vermaak.
Lirieke deur CJ Vermaak behalwe (13) deur P. Vermaak.
Lirieke getoonset deur P. Vermaak.

license

all rights reserved

tags

about

CP Vermaak Johannesburg, South Africa

Paul het sy oorlede oupa, CJ Vermaak (1923-1997), se gedigte getoonset en hiervandaan die album se naam.

Hierdie gedigte is eers gevind nadat sy oupa oorlede is en toe saamgevat in ‘n digbundel, Ter Nagedagtenis Aan Coenraad Johannes Vermaak.

Die album bevat lewenslesse, verhale van eensaamheid en verlange asook humor, spookstories, nuusstories en verhale oor sy kinders.
... more

contact / help

Contact CP Vermaak

Streaming and
Download help

Shipping and returns

Redeem code

Report this album or account

If you like CP Vermaak, you may also like: