We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.
/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      $0.80 USD  or more

     

  • Compact Disc (CD) + Digital Album

    Die vol-kwaliteit CD, beskikbaar om na u gepos te word binne 2-dae.
    Hier is wat 'n paar bekendes oor die album dink:

    Koos Kombuis: “Dis baie anders en oorspronklik. My gunsteling liedjie is die een oor die hondjie.”

    André Schwartz: “Ek het dit baie geniet – daar is ‘n
    lekker fresh take op dinge.”

    Johrné van Huyssteen: “Ek dink die album is vars, slim, met diep en ligte temas en ‘n baie goeie storie agter die onstaan van die album. ”

    Includes unlimited streaming of Oupa Rock, 1923-1984 via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    ships out within 3 days
    edition of 1000 
    Purchasable with gift card

      $10 USD or more 

     

about

“Die dood verstom, soos ‘n pragtige blom. En niks is so pragtig en niks is so groot, as op jou toesak, die pragtige dood…”
In hierdie snit word met moeilike konsepte geworstel, maar weereens word daar ‘n positiewe boodskap gelewer wat mens hoop vir die einde gee.
Die eensaamheid van die dood is opgesluit in die woorde: “As ek sou sterwe beteken dit wel-te-rus. Begrawe my of ek ‘n vreemde is. Sonder opskrif oor wie daar rus, en weet dat ek tevrede is.”
Rus in vrede Coenraad Johannes Vermaak.

lyrics

Die dood en die sloot,
die kis en die kluite.

Die mens word siek en gaan dokter toe.
Hy word erger en gaan hospitaal toe.
Hoe gaan dit nou met hom?
Hy is toe dood...

...en die sloot,
die kis en die kluite.

Die dood verstom,
soos 'n pragtige blom.
En niks is so pragtig, en niks is so groot,
as op jou toesak, die pragtige dood.

As ek sou sterwe beteken dit wel-te-rus.
Begrawe my of ek 'n vreemde is.
Sonder opskrif oor wie daar rus,
en weet dat ek tevrede is.

Ek was toerusting gewis.
Toerusting word vervang of gemis.
Ek was vervang en nie gemis...

Ag help my om te glo.
Dit is tog heerlik so.
Het Christus die wat glo, salig gemaak?
Of hang dit af van die wat glo?

Die dood en die sloot,
die kis en die kluite.

credits

from Oupa Rock, 1923​-​1984, released September 1, 2011
Stem, klavier, orrel, akoesties, elektries en baskitaar: P. VERMAAK, elektriese kitaar: J.BEATON, tromme: C. VD WESTHUIZEN

license

all rights reserved

tags

about

CP Vermaak Johannesburg, South Africa

Paul het sy oorlede oupa, CJ Vermaak (1923-1997), se gedigte getoonset en hiervandaan die album se naam.

Hierdie gedigte is eers gevind nadat sy oupa oorlede is en toe saamgevat in ‘n digbundel, Ter Nagedagtenis Aan Coenraad Johannes Vermaak.

Die album bevat lewenslesse, verhale van eensaamheid en verlange asook humor, spookstories, nuusstories en verhale oor sy kinders.
... more

contact / help

Contact CP Vermaak

Streaming and
Download help

Shipping and returns

Redeem code

Report this track or account

If you like CP Vermaak, you may also like: