We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

06 O Ja! Die T​.​P​.​A.

from Oupa Rock, 1923​-​1984 by CP Vermaak

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      $0.80 USD  or more

     

  • Compact Disc (CD) + Digital Album

    Die vol-kwaliteit CD, beskikbaar om na u gepos te word binne 2-dae.
    Hier is wat 'n paar bekendes oor die album dink:

    Koos Kombuis: “Dis baie anders en oorspronklik. My gunsteling liedjie is die een oor die hondjie.”

    André Schwartz: “Ek het dit baie geniet – daar is ‘n
    lekker fresh take op dinge.”

    Johrné van Huyssteen: “Ek dink die album is vars, slim, met diep en ligte temas en ‘n baie goeie storie agter die onstaan van die album. ”

    Includes unlimited streaming of Oupa Rock, 1923-1984 via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    ships out within 3 days
    edition of 1000 
    Purchasable with gift card

      $10 USD or more 

     

about

Hierdie snit is ‘n humoristiese blik op ons verhouding met die verkeerskonstabel.
Die destydse T.P.A. was die Transvaalse Paaie Administrasie en die liedjie herinner aan ‘n tydperk lank vergete.
Die storie word vertel van die T.P.A. wat sy hand uitsteek om ʼn bestuurder tot stilstand te bring, maar die bestuurder interpreteer dit as ‘n groet-gebaar, waai terug en ry verby.
Partykeer word mens vasgetrek en ander kere kom mens lig daarvan af.
Dit is die ideale rock-liedjie vir die langpad.

lyrics

Die T.P.A. kom van vooraf na vore,
steek sy regter-hand uit en se, goeiemore.
Goeiemore.

Maar toe ek die bultjie aan die ander kant afsak,
is dieselfde T.P.A. kort op my hak.
Met bande wat gil, hou ek toe stil.

Hy wys my die lig op die dak,
die nommer onder die rak.
En vra of ek weet waarna dit heet?
O Ja! Die T.P.A.

"Goeiemore meneer, hoekom stop jy nie meer?
As ek jou soos 'n hoender van vooraf aankeer?"
"Maar hoe sal ek weet, want van so 'n padteken,
het ek skoon vergeet!"

Hy wys my die lig op die dak,
die nommer onder die rak.
En vra of ek weet waarna dit heet?
O Ja! Die T.P.A.

Die verkeersman staan daar lewensgroot.
Susan! Toe skrik ek my halfdoo,
en ry my bakkie deur 'n sloot.

Die mielieland in, die brandpad op,
ek sien die verkeersman krap sy kop,
want hierdie keer is hy gefop.

credits

from Oupa Rock, 1923​-​1984, released September 1, 2011
Stem, elektriese & baskitaar, klavier & orrel: P. VERMAAK, elektriese kitaar: J. BEATON & R. ABIRI, tromme: C. VD WESTHUIZEN.

license

all rights reserved

tags

about

CP Vermaak Johannesburg, South Africa

Paul het sy oorlede oupa, CJ Vermaak (1923-1997), se gedigte getoonset en hiervandaan die album se naam.

Hierdie gedigte is eers gevind nadat sy oupa oorlede is en toe saamgevat in ‘n digbundel, Ter Nagedagtenis Aan Coenraad Johannes Vermaak.

Die album bevat lewenslesse, verhale van eensaamheid en verlange asook humor, spookstories, nuusstories en verhale oor sy kinders.
... more

contact / help

Contact CP Vermaak

Streaming and
Download help

Shipping and returns

Redeem code

Report this track or account

If you like CP Vermaak, you may also like: